Alhoewel ek betrokke was in verskeie aspekte van die werk, was my belangrikste aktiwiteite om toere te doen met skoolgroepe en ook uit te reik na openbare biblioteke en skole. Dit was baie interessant om mense van verskillende kontinente regoor die wereld te ontmoet.
Indien jy ‘n belangstelling het in treine en spoorwee, en jy bly in of naby ‘n stad met ‘n spoorweg museum, waarom dan nie jou dienste aanbied indien tyd dit toelaat nie! Jy sal saamwerk met ander vrywilligers met verskeie beroepe en professies. Wanneer jy ‘n stad besoek met ‘n spoorweg museum, maak gerus tyd om dit te besoek. Daar is verskeie goeie webblaaie met lyste van museums en URL’s (web adresse), van verskillende kontinente, lande en streke in die V.S.A.
My doel is om ‘n goeie wereldwye lys beskikbaar te stel. Indien jy van ‘n museum weet wat nog nie gelys is nie, stuur dit asb. aan my, met die Naam van Museum, Naam van Dorp, ingesluit: (Stad, Provinsie en Distrik) asook die web adres. Sluit ook u naam en stad of dorp in, asook u bron van inligting as verwysing.
Al hierdie lyste sluit in korrespondensie wat aan my gestuur is of wat ek self gevind het, maar inligting ontbreek nog. Kan u help?
Indien die URL (web adres) verander het, gee dan die naam van die museum. As jy enige foute gevind het, laat my gerus weet. Kontak my. Jy kan aan my skryf in Engels, Frans en Spaans. Ek sal probeer om alle boodskappe te beantwoord. Ek bedank graag almal wat my gehelp het.